Sunday, September 7, 2014

Karlien van Jaarsveld






About

Karlien van Jaarsveld se splinternuwe CD 'UITKLOPHOU' het reeds binne die eerste 2 weke na uitreiking GOUE status in verkope bereik. Kry joune vandag nog!
Biography
NOG ‘N UITKLOPHOU VIR KARLIEN VAN JAARSVELD
Steek asseblief hande op almal wat al Karlien se nuwe CD gekoop het… al 20 000 van julle… Te danke aan die gewildheid van die eerste treffer “Hande,” het “Uitklophou,” Karlien se splinternuwe CD reeds goue status in verkope bereik. En dit binne die eerste twee weke na uitreiking.

Sedert die premiere van die musiekvideo op Top Billing aan die einde van Julie, het dit reeds meer as 22 000 trefslae op youtube gehad. En mense is aan die praat oor hierdie ongelooflike liedjie wat handel oor die eenvoud van 'n verhouding. Jy hoef nie groot goed te doen of geld te hê nie - dit gaan net oor daardie manier wat jy aan iemand vat.

Met liedjies uit die pen van Karlien self, asook Johan Vorster en Christoph Kotze, kan bewonderaars verder uitsien na die duet met haar broer Bobby, “Toe ons jonk was,” en die 2013 Eurovision liedjie en titel van die album, “Uitklophou” saam met EDEN.

Met al hierdie blootstelling behoort die goue “Uitklophou” binnekort nog groter te wees met baie meer as 20 000 hande in die lug.
Description
Karlien se droom vir die album is dat die musiek mense positief sal aanraak.

No comments:

Post a Comment