Tuesday, September 30, 2014

Theuns Jordaan





03 Okt - NAMIBIA
Rehoboth Community Hall, 20h00 - 120 N$ Celeste Abrahams - +26462522664
04 Okt - NAMIBIA
Windhoek Afrikaanse Privaatskool (WAP). , 20h00 - 150 N$ - Celeste Abrahams - +26462522664



14 Okt. - KEMPTONPARK
Emperors Barnyard, 20h00 - R160.00 - (011 823 6933)
17 Okt. - PRETORIA-OOS
Rafters, 20h00 - R170.00 - (012 480 0347)


 KAAP - DURBANVILLE 9 en 10 OKTOBER
Willowbridge BARNYARD , 20h00 - R160.00 - 021 914 8898

Jay du Plessis

Dankie vir almal se ondersteuning en liefde by die shows, dis great om julle te sien!!! Come join us on the 24th at Purple Cow Midstream for a great day of family fun. Tickets available from Purple Cow - R100 pp kids under the age of 12, R50. Navrae / bookings kontak 0721289374
 
Photo: Dankie vir almal se ondersteuning en liefde by die shows, dis great om julle te sien!!! Come join us on the 24th at Purple Cow Midstream for a great day of family fun. Tickets available from Purple Cow -  R100 pp kids under the age of 12, R50.  Navrae / bookings kontak 0721289374

Jay du Plessis

Ek sien uit om my Blou Hond maagdelikheid Donderdag aand te verloor! en Boksburg ek sien julle Vrydagaand by Gigtyd!!! Kan nie wag nie! Was lanklaas bietjie by julle vir 'n paaaaarty!!! #DisHoeOnsRol Toegang slegs R40pp
 
Photo: Ek sien uit om my Blou Hond maagdelikheid Donderdag aand te verloor! en Boksburg ek sien julle Vrydagaand by Gigtyd!!! Kan nie wag nie! Was lanklaas bietjie by julle vir 'n paaaaarty!!! #DisHoeOnsRol Toegang slegs R40pp

Saturday, September 27, 2014

Revolverheld - Lass Uns Gehen

Bok van Blerk's status update.


 
Bok van Blerk added 11 new photos.
Ek het bietjie lanklaas iets hier gese, jammer maar my maand sover is baie besig. Volg my ook gerus op Twitter vir meer ditjies en datjies: https://twitter.com/BokvanBlerkReal
Gaan maak ook 'n draai op my webtuiste om te kyk waar ek en die band oral optree die res van die jaar: www.bokvanblerk.co.za
Ek is verseker nie 'n winter mens nie en baie bly die somer is hier, ek hoor die winter gooi sy laaste stuiptrekkings in die Kaap... Sterkte!
Ek was so ruk terug in die Kaap gewees vir my eerste Silwerskermfees en het dit baie geniet om al die kortfilms en nog meer te sien! Daar is regtig baie talent in ons land, dit maak my opgewonde! Die film Leading Lady het ook daar gewys en ek was lanklaas so op my senuwees om my gesig op die grootskerm te sien voor ALMAL in die filmbedryf! Maar dit het goed afgeloop en ek kan nie wag dat julle almal dit kan sien teen die 28ste November Landswyd! Sien ook foto's aangeheg van die poster en nog meer! Sien ook die ‪#‎ALSiceBucketChallenge‬ wat ons daar gedoen het: https://www.youtube.com/watch?v=1aphlHNJ-EU&feature=youtu.be&list=UUeFVmyQU2TfUpKSmaSThrYQ
Ek het ook die vooreg gehad om saam met die tweeling van Sensation Boats & Outdoor vroeer die maand hulle 20 jaar van bootbou te vier! Ek is baie trots op hierdie twee boeties wat so ver gekom het en dat ek die laaste 7jaar saam hulle kon deel. Ek het ook die laaste 2 jaar saam met hulle gewerk aan 'n nuwe diepsee visvang boot met die reeksnaam "Cabrito". Ek sal vir julle nog fotos kom wys, ek is trots op ons werk!
Ek en Hanna het ook bietjie by Guvon Hotels & Spas se Askari Lodge gaan kuier so op die Maandag weg gebreek, gaan maak gerus 'n draai daar, naby aan Pretoria en Jhb met die groot 5 en geen Malaria in die area!
Op die 15de September het ons die 100jaar na die dood van De la Rey herdenk. Ek wonder nog altyd of hulle hom regtig as deel van die Stander Bende gesien het of daar ander redes was wat hulle op hom geskiet het... Wie sal weet... Ek en die band het gespeel by die funksie in die Voortrekker Monument op die dag. Was nogal lekker, ek hoor ons was die eerste vol "harde" Band wat daar binne gespeel het, weet iemand dalk of dit so is?
Ons het gister ook die Hanna Charity and Empowerment Foundation se gholfdag gehad om fondse intesamel vir al die wonderlikke werk wat hulle doen! Gaan maak 'n draai op www.hannacharity.org as julle wil sien wat hulle alles doen of as jy 'n donasie wil maak of betrokke raak! Sien ook die foto aangeheg van ons 4 bal met ons TICE Pro broeke saam George Coetzee. Hoop om jou gou weer op topvorm te sien op die toer George!
Ons is Besig met 'n nuwe reeks vir Bok vir Sports op kykNET en die keer gaan ons Gholf speel. Jy kan kom saam speel sien my Webtuiste vir meer inligting of die foto aangeheg. Jy kan ook 'n mail stuur aan bokvirsports@mweb.co.za vir nog inligting van waar ons oral in die land sal speel!
Ek en die band sien julle Saterdag 20 Sept in Standerton en dan Dinsdag 23 Sept by Woes Lekker in Pretoria(sien foto). Donderdag 25 Sept in Boksburg, Vrydag 26 Sept in Klerksdorp en Saterdag 27 Sept in Rustenburg. Sien julle langs die pad!
Hou die Blad dop ons pos iets lekkers vir julle op Braaidag volgende week!
Lekker naweek!
Groete
Bok.

AFRIKAANS IS GROOT is terug en dis groter as ooit!

AFRIKAANS IS GROOT is terug en dis groter as ooit!


Kaartjies hiervoor is beskikbaar by www.pnptickets.co.za
Die lang gewag is verby en ons is terug met jou gunsteling kunstenaars, jou gunsteling Afrikaanse treffers, en dit om die die draai van jou huis.
AFRIKAANS IS GROOT sal weereens die taal laat gons wanneer dit op 14, 15, 18, 19, 20 21 en 22 November 2014 aangebied word in Pretoria se Moreleta Park Ouditorium. Kaapstad-optredes vir vanjaar is 28 en 29 November 2014 in Grand West Casino se Grand Arena.
Pick n Pay tree vir die derde agtereenvolgende jaar op as hoofborg van die projek en ons jou gunsteling versekeringsinstansie Virseker is ook vanaf vanjaar aanboord as trotse mede-borg.
Die goeie nuus is dat al jou musiek-ikone weer op die verhoog is: Steve Hofmeyr, Juanita du Plessis, Theuns Jordaan, Bok van Blerk, Bobby van Jaarsveld, Riana Nel, Jay, Lianie May, Jak de Priester, Robbie Wessels, Jannie Moolman, Karlien van Jaarsveld, Arno Jordaan, EDEN, Dewald Wasserfall en Corlea Botha. En dis beslis nie al nie want 2014 se konserte het heelwat verrassings wat jou staande en gaande gaan he.
Vanjaar sal die Afrikaans is Groot-konserte deur sowat 85 000 mense bygewoon word. Alhoewel kaartjies binne ‘n dag uitverkoop het vir Pretoria, is daar nog sitplekke beskikbaar vir Kaapstad-optredes en laatslapers moet wikkel om te verseker dat hul sal deel in al die pret, plesier en opwinding van die grootste Afrikaanse konsert in SA.

Bok van Blerk

Bok vir Sports's photo.Gaan like die Bok vir vir Sports page om op hoogte te bly van al die dinge rondom die nuwe reeks!
Julle kan ook deel wees van die tv program en kom saam speel op die land se interresantste gholfbane! Gaan na http://bokvanblerk.co.za/sports/ om solank te bespreek vir die eerste 3 gholfdae!
Lekker naweek!
Go Bokke!
Bok

Welkom By Radio Eendrag

Welkom By Radio Eendrag

'n Radio stasie vir almal, oud en jonk, vir die gesin,vir die familie, vir vriende, vir die volk wereldwyd!!!!!!!!!!!!!!!!
0064
Hier kuier ons saam, lag ons saam, deel mekaar se vreugde, huil ons saam en deel mekaar se hartseer en verlange, vier ons saam fees in goeie tye, dans saam,

WANT
Hier staan ons saam en vat hande soos een groot familie.
 Hier luister ons na die nuus, die weer, maak ons lekker musiek en gesels ons oor alles wat saak maak.Lekker programme vir almal,want hier is u baie belangrik.Ja u as luisteraar beteken vir ons baie, die stasie is u stasie waar u moet gelukkig wees en uitsien om saam ons te kuier.
Daaroor is u meer as welkom om met voorstelle te kom waar ons kan verbeter en meer bied.Ja u mag van ons verskil in besprekings punte, dis u reg en niemand gaan vir u kwaad wees daaroor nie.Ons wil juis almal se sienings hoor en hoe ons mense voel oor al die dinge.Daaroor moet u deel wees en deelneem aan al ons programme.Radio Eendrag kan net effektief wees as u die Radio stasie se programme ten volle gebruik.Die programme is daar om ons mense te help waar ons kan.
Laastens wil ek net my dank uitspreek aan almal wat deel is om die stasie so 'n groot sukses te maak, asook al ons luisteraars hier by Radio Eendrag.Dit is u wat van hierdie stasie so 'n pragtige en vooruitstrewende stasie maak.
Baie dankie aan almal

Ek wil graag die volgende persone spesiaal bedank vir hulle onbaatsugtige bydra:



Andy en Pam daar in Duitsland
Die ontwerp en diens op die webwerf,Blogspot en Faceboek blaaie wat julle gedoen het en die onderhoud daarvan.Ook al die pragtige embleme wat julle ontwerp het vir Radio Eendrag .


Dankie dat julle 24 uur, 7 dae 'n week daar is as Radio Eendrag julle nodig het, dis vriende soos julle wat Radio Eendrag  se sukses aan te danke is.

Graag wil ek ook die Dj's bedank vir die harde werk, baie ure en onbaatsugtige diens wat julle lewer.As dit nie vir julle lojaliteit was nie sou Radio Eendrag nie nou al so suksevol gestaan het nie.

Sunday, September 21, 2014

Elizma Theron

Hoop ek sien julle daar!!!!
Elizma Theron added 2 new photos.
Hi almal. Hoop julle het n lekker rustige Sondag. Ek het 3 shows vroeg in die week en ek hoop ek sien baie van julle daar. Dindag 23 September 19:00 by HTS Tuine dus n fondsinsameling vir Laerskool Westerlig. En dan Woensdag oggend 24 September by Adele van Niekerk en Menuah spa ( daar gaan n mode parade, wynproe, masserings, lekker kos en vlooimark wees.) Kaartjies is beperk. En dan Woensdag middag Sasolburg EGK. Sien uit om julle te sien. Geseënde dag verder. Liefde

Steve Hofmeyr

Ek dink ek kan 'n boek skryf oor Toeka 3. Ek sal nog. Wat soos die voriges die eenvoudigste projek moes wees, wou net nie tande sny nie. Dit het vroeg al begin. Maar die eindproduk is nou hier - en alhoewel laat, is ek verheug. Toeka verskeep Maandag en behoort darem teen Vrydag landwyd beskikbaar te wees. Maar hier is wat vooraf gebeur het.
Almal ken Toeka. En Toeka 3 is meer van daai lekker. Ek sing 18 ou treffers tot die hoendervleis staan soos Pierre de Charmoy, Herbie, Danie Botha, Clout, Clive Bruce, Anton Goosen en vele ander inval op hul eie grootste treffers. Dan hoor jy Bobby Angel, Gert van Tonder, Coenie de Villiers asook nuwe verrassings met Fanie de Jager en Jennifer Jones. My hoogtepunt is die gewyde MAG GOD U SEËN saam Gé Korsten. As ek dit maar kon doen toe hy gelewe het. Daar's ook oorspronklikes soos ONS BLOED BLY BLOU en SIT DIE LIGTE AAN wat reeds nommer een is op vele treffersparades landwyd.
En dan natuurlik DIE STEM; omdat almal so mooi gevra het - opgedra aan alle inmengende stadsrade, kultuurverloëners en sensuurrade. Miskien kan ek 'n boek skryf nét hieroor. Om te sê ek doen DIE STEM vir eie gewin, is vreemd. Kulturele gewin? Ja, beslis. Finansiële gewin? Goed, maar sal hierdie 'gewin' dan die nasionale boikotte teen my, insluit? Aankopers, verspreiders, radiostasies, feesrade, stadsrade, casino’s, tydskrifte en kliënte verban my oraloor. Eie gewin is seker relatief, nê Billy.
Ek verstaan Billy Forrest, een van my grootse Country helde ooit, gooi nou groot woorde rond, soos "exploitation". Maar almal, hy meer as die ander, weet presies hoe dit werk. Die Toeka’s is en was altyd eenmanvertonings, dáárom die videoskerms. Natuurlik het ek destyds 'n punt daarvan gemaak om af en toe by verskillende geleenthede en toere verskillende sangers saam te nooi, en ek sal weer, maar dit is by enkele optredes. Ek het destyds 'n lekker launch-konsert gehad vir almal, ek kon Bobby en Carike Londen toe vat en oom Al Debbo se loopbaan het sommer vanself weer momentum gekry. Daar was sulke optredes landwyd, en meer, waar ek kon. En almal is ALTYD betaal vir hul werk.
Toeka is 'n unieke projek. En strenggesproke het Billy 'n regspunt oor die video-opnames, maar dit is presies hoekom ek almal eers die vergunning vra. Om soveel kunstenaars 'n vol fooi per konsert te moet gee omdat hulle 'n videoversie doen van hul eie lied, sal 'n Toekakonsert, met tot 30 "gaste", enige plek ter wêreld onmoontlik maak. Daarom speel ek oop kaarte met elke kunstenaar en elk kan kies of hy deel wou wees of nie. Meer as 50 kunstenaars wou!
Ek sal ook 'n nuwe kontrak met elk sluit indien ek 'n DVD van Toeka sou maak, maar dit is ‘n ander storie. Wat oneerlik was van Billy Forrest was om deur dit alles te gaan, weer vir die kameras te speel, die lied op te neem, die CD deelname-tantieme te aanvaar, die dúbbel ateljeefooi te vat en dan na alles "exploitation" te skree en te onttrek. Ek vra daardie geld nie terug nie, maar ʼn meer beginselvaste kunstenaar sou van meet af die fooie nie aanvaar nie.
Die Beatles se lied HELP sou eintlik my hulde wees aan Hotline, maar PJ Powers en ek trap al maande klei oor politieke kwessies. Toe bel ek vir Jennifer Jones om te kom help. Jennifer sal na dese as die grootste vroulike stem in Suid Afrika geëer word. Luister self hoekom! Ek het gedink Anton Goosen sou die moeilikste wees oor DIE STEM se latere toevoeging. Hy was skepties maar nugter: sy punt was om hom te bepaal by sy lied KRUIDJIE-ROER-MY-NIE en nie die ander, latere, besluite nie. Anton ken die ou gevoel van sensuurrade; hy was self 'n paar keer verban in die 80s!
Nog twee kunstenaars het getwyfel en die platemaatskappye het gou moes besluit tussen redekawel of sonder hulle voortgaan. Daar was nie meer tyd nie. Te veel ander kunstenaars wou op Toeka verskyn en ons het summier voortgegaan. Die afwagting was groot en die CD reeds weke laat weens hierdie laat onttrekkings. Ons was in die moeilikheid. Met elke oproep van iemand wat twyfel of onttrek, moes ons vinnig dink en baie vinnig werk. Die CD moes dan oorgesny word, die omslag oorgedoen word, die plakkaat landwyd verwyder word en die biografieë en persvrystellings oorgeskryf en weer gesirkuleer word. Dis nie 'n grap nie. Ek het oornag grys word. En my senuwees was klaar. Teen my 50ste verjaarsdag was ek reg om die projek sonder enige gaste te voltooi.
Maar Toeka 3 bestaan uit sangers wat daar wóú wees en dít is wat tel. Vanoggend, met die album in my hande, bars ek van trots. Dit is oor húlle en oor jou wat ek volhard het. Helaas is DIE STEM nie deel van elke konsert nie, maar dit klink dêm pragtig op Toeka 3. Daar vir jou heimwee en trots. Nostalgie is lekker. En dié keer ingesluit op Toeka 3: gratis hoendervleis. Dis joune. Verniet. Wel, amper verniet, as jy Toeka 3 wil luister.
Die Toeka konserte sal weer werk.
Mense sal verbaas staan en staar na kunstenaars wat hulle miskien van vergeet het. Hulle sal hul ou helde weer wil hoor, hulle opsoek, hulle bespreek, hulle aankoop en almal sal beter-af wees. Hul name sal weer eggo in die musiekkamers van tyd. Die Toeka Toer is 'n voorraadopname van 'n geweldige skatkis van liedjies waarop ons almal verlief en trots is. Man, meeste van ons is gemaak op hierdie wysies...
Op Toeka 3 herinner ek jou net weer aan daardie kulturele bate. En as Pierre en Anton of Jennifer en Cindy jou weer beïndruk, gaan koop asseblief hulle CDs ook! Hulle is jou monumente.
Ek is bly ek het nie opgegee nie. Die eindproduk is verstommend. Niemand is vervang nie. Ek het EK VERLANG NA JOU en TINY BUBBLES steeds kon sing, (omdat Sonja en Billy nie die outeurs daarvan was nie). Altesaam 2 sangers verskyn nié weens DIE STEM. Ek aanvaar hul platemaatskappye se besluit. Die konsert is egter 'n plesier om te sien en te doen. Dankie vir almal se werk, vergunning en deelname. Dankie vir die wat vêr gereis het om te kom saamsing. Dankie Anton, Fanie, Pierre, Danie, Clive, Cindy, Jennifer, Herbie asook Coenie, Gert, Bobby, Petro en natuurlik Ge Korsten!
Ek is dankbaar. Ons sal weer. Met Toeka 4: The Bats, Ian&Dix, Joanna Fields, Min Shaw, The Flames, Tommy Dell, Rabbitt, Dave Mills en Manuel Escorcio...wie weet!

Kry jou Toeka 3 kopie en kom kyk die konsert!
Dit toor my. Dit sal jou ook toor.
Steve

Sunday, September 14, 2014

Hofmeyr los goue oues ná vrae oor ‘Die Stem’


Hofmeyr los goue oues ná vrae oor ‘Die Stem’


Steve Hofmeyr | Foto: Herman Verwey

Steve Hofmeyr het na bewering ’n liedjie wat hy saam met Sonja Herholdt opgeneem het vir sy jongste Toeka-album op die nippertjie van die CD laat verwyder toe Herholdt dit gewaag het om die insluiting van “Die Stem” op die album te bevraagteken.
Dieselfde lot het Billy Forrest, 74-jarige countrylegende, getref.
Toeka 3 is die jongste CD in Hofmeyr se gewilde reeks waarop hy duette saam met ouer (en dikwels vergete) kunstenaars sing.
Volgens ’n bron in die musiekbedryf het Herholdt in ’n e-pos aan Hofmeyr se platemaatskappy, Universal Music, gevra of dit wys is om ’n lied “met ’n politieke aanslag” in te sluit. Hierop het Hofmeyr glo min­agtend gereageer en ’n beledigende SMS gestuur waarin hy sê Herholdt is “maklik vervangbaar”.
Forrest, ’n countrylegende wat sy eerste langspeler reeds voor Hofmeyr se geboorte opgeneem het, het aan Rapport gesê hy weier om by Hofmeyr “gat te kruip” en sê reguit as hy nie saamstem met iets wat dié sanger doen nie. “Ek wil nie geassosieer word met ‘Die Stem’ nie. Dit is ’n baie sensitiewe lied en ek het ook baie swart ondersteuners.”
Forrest beskuldig Hofmeyr van “gierigheid” weens sy besluit om nie die kunstenaars wat hom met Toeka 3 gehelp het saam te neem op toer nie.





Sonja Herholdt het begin vrae vra oor die gepastheid van “Die Stem”.
“Ek het aan die Toeka 1- en Toeka 2-album deelgeneem en Steve het ons saam op sy toere gevat. Dit was goeie publisiteit en het my loopbaan weer op dreef gekry.”
Hy sê dié keer gaan Hofmeyr “net amateuragtige videomateriaal van ons in sy vertonings speel”. Hulle is net geregtig op die tantième op die CD-verkope. Forrest sê hy verloor finan­sieel deur sy besluit, “maar ek doen wat reg is”.
Gert van Tonder, wat destyds saam met Sias Reinecke lid was van die gewilde Groep Twee, sing ’n duet saam met Hofmeyr op Toeka 3, maar sê hy het nie ’n probleem met “Die Stem” nie. “Dit is net nog ’n nostalgiese lied.”
Anton Goosen sê hy sing die middelste versie van sy treffer “Kruidjie-roer-my-nie” saam met Hofmeyr. Hy sê die opname is gemaak “lank voordat Steve met ‘Die Stem’-manewales begin het”.
Hofmeyr het nie op Rapport se navrae gereageer nie. Universal Music het ontken dat Forrest of Herholdt gedreig of beledig is. Herholdt wou nie kommentaar lewer nie.
■ Hofmeyr het Sondag getwiet: Ek los’ niemand. Drie oues het ONTTREK. Twee daarvan oor Die Stem. Liedjies bly.

Saturday, September 13, 2014

Robbie Wessels - Macarena Mambo

Net Voor Die Storm Kom - Theuns Jordaan

Afrikaans - Theuns Jordaan & Juanita Du Plessis - Skipskop

Theuns Jordaan - Beautiful in Beaufort-Wes

Sonneblom uit Bethlehem - Theuns Jordaan

Afrikaans - Theuns Jordaan - Soos Bloed

Eden - 54 5de straat

Eden - Aan jou vas

Eden - Lyf teen Lyf

Rinel Day - DJ speel dit weer

Juan Boucher - Gee jou hart 'n breek

Willem Botha - Iemand As Jou Hart Breek

Arno Jordaan & Steve Hofmeyer Shoe Innibos Nelspruit

Steve Hofmeyr - Pampoen - "Live" op DIS HOE DIT IS

Steve Hofmeyr

 

Steve Hofmeyr  new photos.
My opebrief aan Zelda uit Adelaide, Australië.
Zelda, dankie vir jou openhartige skrywe. En nugtere poging tot objektiwiteit. Dit is hoe ek jou ken.Ek sal jou altyd onthou as die persoon wat my gesin aan Madiba voorgestel het en die voorreg daarvan. Jy weet ek sing nog Nkosi Sikelel iAfrika en staan steeds op as dit speel en het geen behoefte om dit te vervang met Die Stem nie. Ek voel steeds aan jou die lewenskragtige optimisme waarvan ek en jy in die vroeë 90's saam deel was. Toe nasiebou vir ons nog wesenlik was. Toe dit nog gelyk het of wedersydse opofferings 'n wen-wen situasie kon oplewer vir die mooiste land met die mooiste mense onder die son. Toe die oorgangsregering 'n goeie kompromie was en ons Madiba gesalueer het vir die belangrike weerligafleier wat hy was toe dit so nodig was. Toe die kim voluit geglinster het, dragtig aan hoop en drome vir elke Suid Afrikaner.
Hoekom is ons so bekend met hierdie liberale kumbaja? Omdat dit so oud is. En omdat dit al so deeglik getoets is. Ons sou een mensdom word, met een taal, een vlag, een volkslied, een strewe en 'n taxi vol welwillende intensies. Intussen het daar twee dekades se water die see ingeloop en elkeen, wit en swart, mag die nasiebouprojek opweeg teenoor sy of haar aanvanklike kompromië en ideale en self besluit of dit alles die pot sous werd was. Terloops, die multikulturele nasieboutoets word tans wereldwyd heroorweeg, omdat die waansin daarvan in retrospek duideliker is en omdat die waan daarvan uiteindelik begin sweer het. Oor hierdie tipe nasiebou word vandag oraloor herbesin.

Ek kan jou nie méér behoudend maak as wat jou persoonlikheid toelaat nie. Maar jy kan my nie meer vul met die grootoog-optimisme van ouds nie. Jy noem in jou ope brief drie "white-hyped" moorde asof iemand gereken het wittes kan nie moor nie. Maar 'n paar geisoleerde, huishoudelike gevalle maak ongelukkig nie die disproporsionele epidemie uit wat my tot aktivisme dryf nie. Die WVK se moordstatistieke wys dat dit wat ons Suid Afrikaners vir ons destydse JA-stem gekry het, daardie ou "misdaad teen die mensdom" soos 'n vervloeë era uit Eden laat lyk. Die 7 000 swart vermoordes in dié tyd (1948 tot 1989!) laat vandag klink na die paradys. Toe volg die 14 000 swart-op-swart moorde ná die ANC ontban is (1990-1994) en vandaar die totale ineenstorting van lewensrespek - en dit op president Nelson Mandela se skof! Dit alles wys my daarop dat my en jou verwagtinge vir "volwassenes" hemelsbreed verskil. Joune is die linkse "ag shame" benadering. Myne die "genoeg is genoeg" afleiding. Êrens tussenin lê daar te veel pap en tyd en bloed op die grond om te maak of die nasiebouprojek geslaagd was of ooit sal wees. Die klassieke linkse moes die wêreld iets kom leer van 'n nuwe menslikheid maar al wat julle ons vandag bied is 'n string voorskrifte van wat die kunste mag en nie mag nie, wat kulture moet en nie moet nie en waar presies die morele en politieke hoëgrond is wat ons dommes so ontwyk. Julle het alles geword waarteen ons gestaan het - oukerkse propagandiste, knersende sensuurrade, met daardie slinkse patologie van uitverkorenheid. Wel, ons is ook nie júlle Boetman nie, Zelda. Elsabe. Leon. Piet. Max.
Meeste van jou ope brief, alhoewel goed bedoel, is hieroor oor my kop: ek is nie dieselfde tipe Afrikaner wat jy is nie. Sê maar, as jy wil, ek het al weer afgestig. Ek is die tipe Afrikaner wat 'n Afrikaner eerste is, en 'n Suid Afrikaner tweede. Daar is nog sulkes en ons word al hoe meer. Ons voel ons toenemend uitgesluit by die Suid Afrikaner-definisie. Jy sal verlig wees om te weet ons betaal nog belasting om julle gemors te subsidieer en daag darem nog op vir Springbokrugbywedstryde. Verder is Suid Afrikaners vir ons daardie nasie met die grootste geneigdheid om sy kinders te vermoor en sy dogters te verkrag, daardie nasie die minste gekwalifiseer om te presteer op enige prestasieindeks, daardie nasie wat met 'n vet glimlag sy moedertaal oorboord gooi, die nasie wat verkiesing na verkiesing die mees onbehepte administrasie aan bewind hou, daardie nasie wat net nie lekker gebou wil word nie. Mens fabriseer so min 'n nasie as wat mens nasietrots bou deur die volkslied herhaaldelik oor die radio te speel.
Ek staan vir ons laaste alternatief voor algehele uitwissing. Daar waar mens verskillende volke wil respekteer deur hulle langs mekaar te 'maak' staan en goeie bure te 'maak' bloot omdat hulle so graag daar wil wees. Ek wil so graag daar wees as dit gebeur.
Maar, helaas, om een klein minderheid kultureel te marginaliseer, haar geskiedenis te herskyf, haar taal te vervang, daardie taal se hoërfunksies te verwoes deur al haar tersiêre inrigtings te kaap, haar erfenis te minag, haar mense teikens te maak van haatspraakliedere soos Umshini Wami of Kill The Boer en haar kinders buite die arbeidsmark te hou op grond van hul velkleur, is nie my ideale koor vir jou Nasieboulied nie. En totdat daar so 'n lied is, sing ek met 'n bors wat bolstaan, Die Stem.
Steve

New Banners 2014










My Hart Klop Wild ( Peter Vincent)

Thursday, September 11, 2014

Lianie May

LIANIE MAY KOM KUIER IN DIE KAAP!!!!!
Kom kuier saam op DINSDAG 23 September vanaf 7:30 by EJ's Strand vir die lekker jol saam met Lianie May !!

Kaartjies NOU beskikbaar vir die optrede by EJ's Strand tel 021 - 853 2804 / 083 628 7758 @ R100pp.
Jy kan kies en keur tussen al die lekker kos, van Baskets, Burgers, Steak, Ribs en Pizza's teen weggee pryse en boonop opwarm vir Braaidag !! (24 September)
Skakel nou en kry jou kaartjies!! Net beperkte hoeveelheid kaartjies beskikbaar!!
BORGE : Berg en Zee Guest House (Gordonsbay) KWELA TOURS and Events
Realtors International Strand

Customized Oldies but Goldies
















Kaap van Storms

Superhero by Jay

Bobby van Jaarsveld & Tania Strauss-Genees Hierdie land

Karlien van Jaarsveld - Jakkals Trou met Wolf se Vrou (HD)

Juanita du Plessis - As vandag my laaste dag was

Theuns Jordaan, Juanita Du PLessis, Bok van Blerk and Riana Nel all in t...

Ampie - Niks en Niemand

Steek die Vure aan - Bok van Blerk

Bok van Blerk - Land van Melk en Heuning (AMPTELIKE HD MUSIEK VIDEO)

Sunday, September 7, 2014

SAM-South African Music and Radio Eendrag

South African Music is a South African Homepage based with a Online Music Radio Station Radio Eendrag ,from South Africa that is stationed in Cape Town ,and is also a South African Music Time shareing Homepage to share with People all around the World for Young and Old,It was founded in March 2014 in Germany.
The Facebook Group was founded at the same time - South African Music, then got bigger and greater with our supporters ,friends and also visitors .Youtube Videos that we were shareing through Youtube .
In April 2014 the Google Blogger was openened ,through the high visit of friends and visitors, Online around the world and Thankyou to our supporters AND FRIENDS.
We support and promote our friends that was at that time playing in some of the local upcoming bands, and give our other local musicians a way through which they could share their music to their South African fans, and hopefully internationally.
We are a dedicated and unique team of music lovers and professionals brought together from all walks of life and from all around the World, from all over South Africa, and Europa ,all with one thing in common... our love and passion for music!
WE OFFER MUSIC ,AN AUTO DJ AND DJS THAT WILL BE ADDED TIME BY TIME TO SHARE MUSIC WITH FRIENDS AND FAMILY ....GOSPEL ON A SUNDAG NIGHT,NEWS,PICTURES,COMPETITION ON A SATURDAY NIGHT ON RADIO EENDRAG SOUTH AFRICA.
All we ask is that you share or Homepage,Facebook Group,and Google Bloggers and be Kind to sighn into our Gestbook as return we add you a a friend on Facebook,and put an small partnet banner on our Page to help to share also your Homepage around the World ,Thankyou to SAM- South African Music Team.....and Radio Eendrag

Karlien van Jaarsveld






About

Karlien van Jaarsveld se splinternuwe CD 'UITKLOPHOU' het reeds binne die eerste 2 weke na uitreiking GOUE status in verkope bereik. Kry joune vandag nog!
Biography
NOG ‘N UITKLOPHOU VIR KARLIEN VAN JAARSVELD
Steek asseblief hande op almal wat al Karlien se nuwe CD gekoop het… al 20 000 van julle… Te danke aan die gewildheid van die eerste treffer “Hande,” het “Uitklophou,” Karlien se splinternuwe CD reeds goue status in verkope bereik. En dit binne die eerste twee weke na uitreiking.

Sedert die premiere van die musiekvideo op Top Billing aan die einde van Julie, het dit reeds meer as 22 000 trefslae op youtube gehad. En mense is aan die praat oor hierdie ongelooflike liedjie wat handel oor die eenvoud van 'n verhouding. Jy hoef nie groot goed te doen of geld te hê nie - dit gaan net oor daardie manier wat jy aan iemand vat.

Met liedjies uit die pen van Karlien self, asook Johan Vorster en Christoph Kotze, kan bewonderaars verder uitsien na die duet met haar broer Bobby, “Toe ons jonk was,” en die 2013 Eurovision liedjie en titel van die album, “Uitklophou” saam met EDEN.

Met al hierdie blootstelling behoort die goue “Uitklophou” binnekort nog groter te wees met baie meer as 20 000 hande in die lug.
Description
Karlien se droom vir die album is dat die musiek mense positief sal aanraak.

Radio Eendrag

Net vir Rekenaar: (Speel op Media-Player of VLC Speler)
http://192.95.37.216:9986/listen.pls

Net vir BB en I phone en Nokia Radio:
http://192.95.37.216:9986/;listen.mp3/home

Kan ook op die web-werf luister by:
www.radioeendrag.co.za
www.shoutcast.com/Internet-Radio/Radio Eendrag