Saturday, September 27, 2014

Bok van Blerk's status update.


 
Bok van Blerk added 11 new photos.
Ek het bietjie lanklaas iets hier gese, jammer maar my maand sover is baie besig. Volg my ook gerus op Twitter vir meer ditjies en datjies: https://twitter.com/BokvanBlerkReal
Gaan maak ook 'n draai op my webtuiste om te kyk waar ek en die band oral optree die res van die jaar: www.bokvanblerk.co.za
Ek is verseker nie 'n winter mens nie en baie bly die somer is hier, ek hoor die winter gooi sy laaste stuiptrekkings in die Kaap... Sterkte!
Ek was so ruk terug in die Kaap gewees vir my eerste Silwerskermfees en het dit baie geniet om al die kortfilms en nog meer te sien! Daar is regtig baie talent in ons land, dit maak my opgewonde! Die film Leading Lady het ook daar gewys en ek was lanklaas so op my senuwees om my gesig op die grootskerm te sien voor ALMAL in die filmbedryf! Maar dit het goed afgeloop en ek kan nie wag dat julle almal dit kan sien teen die 28ste November Landswyd! Sien ook foto's aangeheg van die poster en nog meer! Sien ook die ‪#‎ALSiceBucketChallenge‬ wat ons daar gedoen het: https://www.youtube.com/watch?v=1aphlHNJ-EU&feature=youtu.be&list=UUeFVmyQU2TfUpKSmaSThrYQ
Ek het ook die vooreg gehad om saam met die tweeling van Sensation Boats & Outdoor vroeer die maand hulle 20 jaar van bootbou te vier! Ek is baie trots op hierdie twee boeties wat so ver gekom het en dat ek die laaste 7jaar saam hulle kon deel. Ek het ook die laaste 2 jaar saam met hulle gewerk aan 'n nuwe diepsee visvang boot met die reeksnaam "Cabrito". Ek sal vir julle nog fotos kom wys, ek is trots op ons werk!
Ek en Hanna het ook bietjie by Guvon Hotels & Spas se Askari Lodge gaan kuier so op die Maandag weg gebreek, gaan maak gerus 'n draai daar, naby aan Pretoria en Jhb met die groot 5 en geen Malaria in die area!
Op die 15de September het ons die 100jaar na die dood van De la Rey herdenk. Ek wonder nog altyd of hulle hom regtig as deel van die Stander Bende gesien het of daar ander redes was wat hulle op hom geskiet het... Wie sal weet... Ek en die band het gespeel by die funksie in die Voortrekker Monument op die dag. Was nogal lekker, ek hoor ons was die eerste vol "harde" Band wat daar binne gespeel het, weet iemand dalk of dit so is?
Ons het gister ook die Hanna Charity and Empowerment Foundation se gholfdag gehad om fondse intesamel vir al die wonderlikke werk wat hulle doen! Gaan maak 'n draai op www.hannacharity.org as julle wil sien wat hulle alles doen of as jy 'n donasie wil maak of betrokke raak! Sien ook die foto aangeheg van ons 4 bal met ons TICE Pro broeke saam George Coetzee. Hoop om jou gou weer op topvorm te sien op die toer George!
Ons is Besig met 'n nuwe reeks vir Bok vir Sports op kykNET en die keer gaan ons Gholf speel. Jy kan kom saam speel sien my Webtuiste vir meer inligting of die foto aangeheg. Jy kan ook 'n mail stuur aan bokvirsports@mweb.co.za vir nog inligting van waar ons oral in die land sal speel!
Ek en die band sien julle Saterdag 20 Sept in Standerton en dan Dinsdag 23 Sept by Woes Lekker in Pretoria(sien foto). Donderdag 25 Sept in Boksburg, Vrydag 26 Sept in Klerksdorp en Saterdag 27 Sept in Rustenburg. Sien julle langs die pad!
Hou die Blad dop ons pos iets lekkers vir julle op Braaidag volgende week!
Lekker naweek!
Groete
Bok.

No comments:

Post a Comment